Local newsNews

Maak ‘n verskil met een kolwyntjie op ‘n slag

Die publiek word aangemoedig om die dag te ondersteun.

Duisende kolwyntjies word jaarliks gebak vir Nasionale Kolwyntjiedag, wat vanjaar op 26 September plaasvind.

Die Sonneveld Akademie bring die afgelope paar jaar hul kant en is weer slaggereed om te sorg dat daar weer op 26 September honderde kolwyntjies verkoop kan word om ‘n verskil in die lewens van kankerpasiënte te maak.

Die kolwyntjies sal deur vrywilligers gebak en geskenk word aan die welsynorganisasie, Cupcakes of Hope 4 Kids, om aan die publiek verkoop te word.

Dié organisasie beywer hom vir die bewusmaking en geldinsameling vir kinders met kanker.

Met die inperking en Covid-19 regulasies in plek, sal Kolwyntjiedag egter dié jaar so effe anders lyk.

‘n Nasionale ‘deurry’-Kolwyntjiedag sal by Just Wheels Motorklub, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is, plaasvind.

Die gospel sanger, Benice Borman, asook haar dogter Kayla, sal op hul pos wees en besoekers met hul musiek vermaak.

Die publiek word aangemoedig om die dag te ondersteun deur middel van ‘n donasie of om self kolwyntjies te skenk of om op die dag kolwyntjies te gaan koop.

Kolwyntjies kan ook vooraf bestel word by Elize Pienaar (082 328 9497) of elize.pienaar35@gmail.com

Persone wat graag betrokke wil raak by die dag of meer inligting verlang kan ook vir Pienaar kontak.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button