Local newsNews

Talentvolle sanger, danser sal Afrika in Croatia teenwoordig

Die gesogte internasionale kompetisie sal deur dansers van meer as 25 lande bygewoon word.

Talentvolle danser Nicole Stears (15) van die Sonneveld Akademie het onlangs aan die Talent Africa-kompetisie deelgeneem waar sy gekies is om Afrika in Croatia in 2021 te verteenwoordig.

Oor die vooruitsig om daaraan deel te neem, is Nicole baie opgewonde aangesien sy gekies is met haar heel eerste probeerslag.

Alhoewel sy haar vroeër op freestyle toegespits het en op ‘n stadium moes halt roep weens ‘n knie besering, dans Nicole vir die afgelope twee jaar hip-hop.

Nicole is ook verlede jaar deur die Asia Pacific Dance Association in Nieu Seeland beoordeel, waar sy goud gedurende haar eksamen verwerf het. Sy is as een van die top vyf in die wêreld in haar ouderdomskategorie aangewys.

Lees: In die kollig: Leer vir Truzaan Niemand ken

Haar talent stop egter nie by dans nie.

Nicole kan ook ‘n gehoor met haar stem bekoor.

Sy sing al vir die afgelope sewe jaar en neem gereeld aan die Con Spirito- en Brakpan Kunswedstryd deel, waar sy verlede jaar as die itemwenner in die gospelsang-afdeling aangewys is.

Dié talentvolle meisie beoog om na skool drama te studeer en sy beplan om gedurende Desember ‘n dramakursus, wat deur Brümilda van Rensburg aangebied word, by te woon.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button