Local newsNews

Lizz Meiring kuier in jou sitkamer

Meiring skep verskillende style in die stuk.

Lizz Meiring se eenvroustuk, Elke Ander Duim ‘n Dame, vertel, vier en satiriseer moderne Suid-Afrikaanse mans en vrouens.

Elke Ander Duim ‘n Dame is Lefra se Kelderkonsert, wat eerskomende  Sondag om 5nm aangebied word en gesinne kan dit in die gemak van hul sitkamers geniet.

Die stuk is slim, skerp, snaaks, vermaaklik en verrassend.  Die materiaal is komies op ‘n eerste vlak, donker en satiries op ‘n dieper vlak.

Meiring skep verskillende style in die stuk; van vertelling tot tango.

Die karakters is almal eg, herkenbaar, met ‘n aweregse streep of twee.

Daar is die Presidente van Jong Dames Sianied, die neo-politiese kinderstorie, ‘n beduiwelde cupid, ‘n Lolita huisvrou en ‘n aardse skoenkunstenaar.

Kaartjie besprekings kan by by itickets.co.za of lefra.com gedoen word.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button