Editor's noteLocal newsNews

Lekker biltong op die spel vir Pa

Ons is op soek na 'n foto wat die spesiale band tussen 'n pa en sy kind/kinders uitbeeld.

Vadersdag word volgende Sondag (21 Junie) gevier.

Die Covid-19 pandemie en die inperking, wat daarmee gepaard gaan, het ‘n demper op baie gebeurlikhede geplaas maar daar is geen rede om nie die spesiale dag te vier nie.

Met die oog hierop nooi ons lesers uit om vir ons pa en kind foto’s te stuur.

Die foto wat ons oog vang, sal ‘n heerlike biltong geskenkpak, wat deur Bella’s Biltong in Dalview geborg word, aan die pa besorg.

Onthou ons is op soek na ‘n foto wat die spesiale band tussen ‘n pa en sy kind/kinders uitbeeld.

Dit kan ‘n prettige foto wees, of iets meer ernstig.

Onthou ook die volgende:

  • Foto’s moet nie ouer as vier maande wees nie en slegs inwoners van die dorp se foto’s sal in ag geneem word.
  • Foto’s moet in Jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees.
  • Die name, vanne en ouderdomme van almal op die foto moet verskaf word.
  • Gee ‘n kort beskrywing van die foto, soos waar dit geneem is.
  • Die persoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.
  • Foto’s kan per e-pos na brakpanherald@caxton.co.za gestuur word.
  • Ons sal foto’s tot Donderdag, 18 Junie om 9vm aanvaar. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button