Editor's noteLocal newsNews

In die Kollig: Leer vir Bennie Vorster ken

Sonneveld Akademie se hoofseun, Bennie Vorster is in die kollig.

Bennie Vorster jnr (12) is vanjaar die hoofseun van die Sonneveld Akademie. Hy woon saam met sy ouers, Bennie snr (44) en Juanita (36), asook sy ouer suster, ook Juanita (14), in Minnebron.

Jy is vanjaar die hoofseun van die Sonneveld Akademie, het jy gedink jy sou die hoofleier word?

Ja en nee.

Wat is jou pligte as hoofseun van die skool?

Op hierdie stadium het ek amper vergeet omrede ek so lanklaas by die skool was. My pligte behels om te kyk dat my mede leiers hulle pligte nakom.

Ek moet probleme onder kinders op die speelgrond uitsorteer en indien nodig, sorg dat dit verder geneem word om uitgesorteer te word.

Ek hou ook toesig in klasse wanneer dit nodig is en maak op sekere dae die saal gereed vir saal opening.

Hierdie is onder andere ‘n paar van my pligte.

Wat geniet jy die meeste van skool en hoekom?

Ek geniet my pligte as hoofseun.

Ek hou daarvan om te presteer in akademie. Dit is ook vir my lekker om met my vriende te wees gedurende pouse.

Ek geniet ook my sport, wat ondermeer skyfskiet insluit.

Waarmee hou jy jouself besig gedurende die inperking?

Skoolwerk, skoolwerk en nog meer skoolwerk.

Ek begin in die oggend deur te gaan stap en draf, dan doen ek my skoolwerk vir ?n hele paar ure.

Ek spandeer tyd saam met my honde en later in die dag tyd op my selfoon. In die aande het ons gesinstyd saam voor die televisie.

Beoefen jy sport by die skool en dink jy dit is belangrik dat kinders aan sport deelneem?

Ja, ek beoefen sport. Ek neem deel aan skyfskiet in die pistool-afdeling.

Dit is belangrik dat kinders aan sport deelneem, maar nie op hierdie stadium nie want nou moet ons konsentreer op akademie om deur die jaar te kan kom.

Dink jy daar is hoop vir die jong mense van hierdie land?

Ja.

Mis jy skool of verkies jy om eerder elke dag by die huis skool te gaan?

Ja en nee. Ek mis dit om my pligte as hoofseun na te kom.

Ek mis my vriende en ek mis my sport, maar ek mis nie skoolwerk nie want ons kry dit nog steeds en baie daarvan. Maar dit is tog lekker om by die huis ook te wees.

As jy een wens het wat bewaarheid sou kon word, wat sou dit wees?

My wens sou wees om ‘Airwolf” te kan vlieg.

Het jy al besluit wat jy eendag wil word?

Ek wil saam met my pa in sy besigheid werk, want ek hou daarvan om met my hande te werk.

Verkies jy die see of die bos?

Ek hou van albei.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button