Editor's noteLocal newsNews

Gemeente woon inry kerk by

Ek het bloot die klanksisteem van die kerk gebruik, tesame met ‘n draagbare mikrofoon.

Gemeente lede van die NH Kerk, Brakpan Harmonie, asook lede van die Brakpan gemeente het Sondagoggend steeds ’n diens by die kerk bygewoon, maar met ’n verskil.

Gemeentelede het in hul voertuie na die diens, wat deur ds Hannes Jansen van Rensburg gehou is, gesit en luister.

Dié stap is geneem vanweë die Covid-19 krisis wat die land en die wêreld getref het.

“Ek het bloot die klanksisteem van die kerk gebruik, tesame met ’n draagbare mikrofoon en dit het my in staat gestel om steeds ’n diens te lewer aan die mense wat in hul voertuie gesit het.

“Ons het dit kort gehou en alhoewel ons nie kon sing nie het alles tog goed afgeloop,” het Jansen van Rensburg gesê.

“Ons is natuurlik baie bewus van die maatreëls wat in plek is en indien ons ’n aanpassing moet maak sal ons nie huiwer om dit te doen nie,” het hy bygevoeg.

Gemeentelede van die NH Kerk het Sondag in hul voertuie na ‘n kerkdiens geluister.

• Die publiek word aangeraai om die koronavirus-hulplyn te skakel by 0800 029 999 wanneer daar enige vermoede oor ’n koronavirus geval is.

•Kennisgewing:

Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende Covid-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ’n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ’n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende Covid-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ’n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ’n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

• Die publiek word aangeraai om die koronavirus-hulplyn te skakel by 0800 029 999 wanneer daar enige vermoede oor ’n koronavirus geval is.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button