LettersOpinion

Motoris stel kinders se lewens in gevaar

Die man in die bakkie het my man gevloek en sy venster opgedraai.

Karen van der Merwe skryf per e-pos:

Ek kon nie glo toe ek Sondag in Athlonelaan ry en sien hoe onverskillig mense kan wees nie.

‘n Wit dubbelkajuit bakkie het voor my gery en daar was vier kinders agter op die bakkie.

Die man het nie by die spoedgrens gehou nie en die kinders het die hele tyd opgestaan en dan weer gaan sit.

Ek skat die jongste een is niks ouer as sewe jaar nie.

Toe ons by ‘n verkeerslig stilhou het my man langs die bakkie stilgehou en vir die bestuurder gesê dat hy vir die kinders moet sê dat hulle moet stil sit.

My man het regtig waar nie sleg bedel nie en het net aan die veiligheid van die kinders gedink.

Die man in die bakkie het my man gevloek en sy venster opgedraai.

Ek hoop maar net daardie kinders was veilig. Waar is die man se verantwoordelikheid dan?

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button