Editor's noteLocal newsNews

Talentvolle drama afrigter oorlede

Marita het vyf kabarette geskryf en opgevoer by die Grahamstad Kunstefees en die KKNK.

’n Vrou wat deur die jare menige persoon in die dorp se lewe op een of ander manier aangeraak het is Dinsdag oorlede.

Marita Esterhuyse (64) was veral bekend vir haar ongelooflike en uitsonderlike musikale- en drama talent.

Sy was tot voor haar dood nog besig om ’n konsert, wat sy geskryf het, af te rig.

Haar sprankelende persoonlikheid is iets wat menige inwoner waarskynlik die beste sal onthou.

Daar was altyd ’n glimlag op haar gesig en sy het altyd intens geluister wanneer iemand met haar gepraat het.

Marieta, wat op 10 Mei 1955 in Klerksdorp gebore is, het in Bothaville groot geword.

Sy het egter in 1983 in Brakpan kom nes skop waar sy tot haar dood gewoon het.

Haar ewe bekende eggenoot, dr Danie Esterhuyse, met wie sy 37 jaar getroud was, is op 7 Februarie 2014 oorlede. Hy het vir jare in Brakpan gepraktiseer.

Marieta het op drie-jarige ouderdom reeds begin klavier speel en was net vier jaar oud toe sy haar eie klavier gekry het.

Sy het die graad 8 Unisa klavier-eksamen op 15-jarige ouderdom met lof geslaag en daarmee ook die hoogste punt in Suid-Afrika behaal.

Vanaf 1973 tot 1976 het sy BA Drama by Kovsies studeer en vanaf 1977 tot 1990 het sy haar Honneurs graad aan Tuks voltooi.

Lees: Kunstige kaalvoet-vrou oorlede

Sy het grade behaal in drama, Nederlands, Engels, Duits, asook ’n meestersgraad in drama en hoëronderwysdiploma.

Sy het in Pretoria gewoon vanaf 1977 tot 1982 waar sy begin skoolhou het en vir twee jaar ’n dosent aan Unisa se Venda kampus was.

In 1983 het sy by die Hoërskool Stoffberg ingeskakel waar sy vir ’n paar jaar lank Engels gegee het.

Daarna was sy ’n drama dosent by Tuks en later ’n klasmusiek onderwyser aan die Laerskool Môrewag.

In die tydperk 1990 tot 1999 het Marita vyf kabarette geskryf en opgevoer by die Grahamstad Kunstefees en die KKNK.

Sy was vanaf 1999 tot 2001 ’n drama onderwyser by die Leeuwenhof Akademie in Bedfordview en het vanaf 1983 tot voor haar dood haar eie studio gehad waar sy drama, sang en redenaar afrigting vir leerders van regoor Ekurhuleni aangebied het.

Volgens ’n familielid is Marita oorlede nadat sy middeloor infeksie ontwikkel het, wat vermoedelik komplikasies veroorsaak het.

Sy laat drie kinders, Waldi Esterhuyse (35), Henno Esterhuyse (33) en Isel Esterhuyse (31), asook twee kleinkinders na.

Die begrafnis word Saterdag (14 Maart) om 11vm vanuit die NG Kerk, Brakpan-Wes gehou.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button