Editor's choiceLocal newsNews

Kersvader bring groot vreugde

Die aankoms van Kersvader en sy helpers het gesorg vir groot opwinding.

Daar was onlangs groot opgewondenheid by Muriel Brand Skool toe Kersvader met ’n bakkie propvol geskenke by die skool se koshuis opgedaag het.

Die leerders, wat in die koshuis van die skool woon, het ’n genotvolle aand beleef danksy die huiseienaarsvereniging van Dalpark en Dalpark 5.

Lees ook: Motorfietsklub sorg dat bejaardes heerlik kuier

Inwoners van dié twee woonbuurte het saamgespan en gesorg dat die leerders elk ’n spesiale geskenk ontvang.

Die aankoms van Kersvader en sy helpers, agter op ’n bakkie het gesorg vir groot opwinding waarna die kinders by keurig gedekte tafels kon sit en wag vir hul geskenke.

Jacques du Plessis, was Kersvader. Cuan Cornelius (8) was een van sy helpers.

Meer foto’s: Kersvader bring besoek aan Muriel Brand Skool

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button