Editor's noteLocal newsNews

Kopie van Brakpan Herald sal 50 jaar in tydkapsule bly

’n Uitgawe van die Brakpan Herald is ook in die tydkapsule geplaas.

AfriForum Brakpan het Saterdag geen moeite ontsien om vir die publiek die geleentheid te bied om die dorp se 100ste bestaansjaar te vier nie.

Alhoewel die belangstelling van die publiek nie na wense was nie, het ’n baie besondere gebeurtenis tog gesorg vir ’n hoogtepunt.

Die publiek, besighede en skole is vooraf versoek om items vir ’n tydkapsule te skenk.

Van die publiek en taklede van AfriForum Brakpan wat Saterdag die dorp se 100ste bestaansjaar gevier het is (van links) Belinda Eksteen, Drummond Doig, (takondervoorsitter), Tracy Jones, Gerhard Cilliers (takvoorsitter), Rudolf Herbst (taksekretaris), Bjarné Songs (een an die gaskunstenaars), asook Gill en Ivan Jordaan.

Die plan is om die kapsule, wat by Laerskool Môrewag begrawe is, oor 50 jaar op te grawe.

’n Uitgawe van die Brakpan Herald is ook in die tydkapsule geplaas.

Lees ook: VIDEO: AfriForum herdenk dorp se 100ste bestaansjaar

Ander items het ingesluit skoolklere en rekords van Laerskool Môrewag, rekords van Laerskool Dalview, CD’s van kunstenaars wat Saterdag opgetree het, pamflette en brosjures van besighede, ’n Eeufeesjoernaal, hedendaagse munte, ’n selfoon, ’n digitale kamera, ’n polshorlosie, speelgoed, ’n blikkie bier, ’n bottel port, bietjie mampoer en sade.

Vriende, familie en gesinne het die genotvolle middag in ’n rustige en ontspanne atmosfeer geniet. In die foto agter (van links) is Jaco Naude, Marco Naude en Jaco Gerber, Voor sit Vicky Erasmus en Tanja Gerber.

’n Volledige stel rekords van AfriForum Brakpan-tak se geskiedenis, vanaf die stigting in 2016 tot nou, insluitend AfriForum hoofkantoor se volledige gedokumenteerde korrespondensie met die tak en dorpslui is ook in die tydkapsule geplaas.

Die kapsule is om 6nm begrawe nadat ds Koos Nel ’n gebed gedoen het. Die gat is daarna deur ’n groep kinders toegegooi.

Nadat verskeie items in die tydkapsule geplaas is, is dit by Laerskool Môrewag begrawe. Die flukse groep kinders in die foto het self die gat toegegooi.
Ds Koos Nel, wat voorheen ’n leraar by NG Kerk Brakpan-Oos was, het ook in die Eeufeesjoernaal geskryf voordat dit in die tydkapsule verseël is.
Shawn Raper van Secure Tech in Brakpan saam met Nick Neethling, een van die kunstenaars wat opgetree het.

Meer foto’s: AfriForum Brakpan begrawe tydkapsule vir die nageslag

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button