Editor's choiceLocal newsNews

Motorfietsklub sorg dat bejaardes heerlik kuier

Bejaardes in looprame en rolstoele is op die dansbaan gehelp.

Daar was Saterdag geen keer aan ’n groep bejaarde inwoners van Tweedy Park toe hulle ’n onvergeetlike dag, danksy die goedhartigheid van die Just Numbers Motorfietsklub, beleef het.

Die sowat 65 bejaardes is vroeg Saterdagoggend per bus na die Hippo’s Waterfront vervoer, waar daar ’n dag van groot pret op hulle gewag het.

Thelma Noack (97) se skoondogter, Natasha Noack (44), het ’n wakende ogie oor haar gehou.

Lede van die Just Numbers-klub het seker gemaak dat niemand ’n vervelige oomblik beleef nie.

Daar is lekker geëet, lekker gekuier en lekker litte losgemaak.

Bejaardes in looprame en rolstoele is op die dansbaan gehelp om op die maat van vrolike musiek, deur onder andere Barbara Ray, te dans.

Lees ook: Lifetime Achievement Award for Barbara Ray

Annatjie Schoeman (links, 69) en Hannie van Zyl was baie ingenome met almal se gasvryheid.

Vir ’n paar uur was dit duidelik dat alle sorge, kwale, pyne en skete vergete was en was daar oral net glimlagte en blink oë te sien.

Die bejaardes het ook elk ’n geskenkpak propvol toiletware en voedselitems ontvang om huis toe te neem.

Sommige het dit selfs gewaag om ’n draai te gaan ry saam met van die motorfietsryers wat hulle tyd opgeoffer het.

KYK:

Amanda van Tonder (65, links), Meisie Bronkhorst (75) en Tienie Stapelberg (79) het die oggend geniet.

Thea Malan, president van die Just Numbers Motorfietsklub, het gesê dat die dag baie spesiaal was.

“Ons klublede, asook lede van ander klubs van regoor die Oos-Rand, het met hul bydraes gesorg dat ons vir die groep senior burgers ’n genotvolle dag kon reël,” het Thea gesê.

Layton Brummer (79) het die uitstappie en lekker bederf terdeë n geniet.

Meer foto’s: Bejaardes word lekker bederf

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button