Editor's noteLocal newsNews

Vier saam met AfriForum Brakpan

Inwoners kan solank hul herinneringe van Brakpan neer pen.

Met die oog op die dorp se 100ste bestaansjaar beplan AfriForum Brakpan ’n Eeufees bring en braai.

Die geleentheid sal op 30 November by die Laerskool Môrewag plaasvind.

’n Dag propvol vermaak wag op oud en jonk en die AfriForum-span nooi elke inwoner van die dorp uit om die geleentheid by te woon.

“Ons vra ook inwoners om solank hul herinneringe van Brakpan neer te pen en dit op die dag te gaan inhandig vir opname in ’n Eeufees joernaal,” het Gerhard Cilliers, takvoorsitter van AfriForum Brakpan gesê.

Lees ook: Moue word opgerol om bejaardes te help

Die hekke sal om 1nm open en lewendige vermaak sal vanaf 3nm tot laat aangebied word.

Die toegang en parkering is gratis vir die eerste 200 voertuie wat geregistreer word deur ‘n naam en van asook registrasienommer van die voertuig te WhatsApp na 060 740 7444.

Daarna beloop die toegang R20 per voertuig. Geen alkoholiese drank sal op die perseel verkoop word nie en ’n heffing van R50 per koelerboks sal by die hek gevorder word.

Die publiek word versoek om stoele, ’n sonsambreel, piekniek komberse, braaigoed en eetgerei saam te neem.

Stalletjies vir handgemaakte goedere en tuisgebak sal beskikbaar wees.

Plaaslike kunstenaars wat deel van die program wil wees is ook welkom.

Alle navrae en versoeke kan via WhatsApp (060 740 7444) gerig word.

Lees ook: AfriForum herdenk dorp se 100ste bestaansjaar

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button