NewsSchools

Jong ruiter leef haar droom

Die ruiter het die afgelope jaar goed in kompetisies gevaar.

Suné van Wyk, ’n graad ses leerder aan die Laerskool Dalview het met haar SA Boerperd, Harmonie Riksha (Ricky), die afgelope jaar goed in kompetisies van SANESA (South African National Equestrian School Association) gevaar.

Sy het aan vier afsonderlike byeenkomste deelgeneem waar sy verskeie eerste, tweede en derde plekke behaal het.

Daarna het sy deurgedring na die Gautengkampioenskappe, waar sy die Gauteng A-span behaal het in drie van die ses items waaraan sy deelgeneem het, naamlik vir Handy Hunter, Performance Riding en In Hand Utility.

Lees: Jong ruiter presteer uitstekend

Gedurende September het Suné en Ricky Gauteng by die Nasionale Kampioenskappe te Misty Meadows, Pretoria, verteenwoordig.

Hulle het bygedra daartoe dat Gauteng twee eerste plekke en een vierde plek behaal het, in die verskeie items waaraan sy en Ricky deelgeneem het.

Na afloop van die twee se uitsonderlike deelname, het Suné en Ricky ’n tweede plek behaal vir die beste ruiter-perd-kombinasie in Ekurhuleni, asook Victrix Ludorum vir die item In Hand Utility.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button