Editor's noteNewsSchools

Die Anker se krieketspelers vaar goed

Hans Moore kon op sy beurt 132 lopies aanteken.

Hoërskool Die Anker se o-15 krieketspan het onlangs in ’n Silwerliga teen Hoërskool Hans Moore te staan gekom.

Met Duncan Richardson se 47 lopies van 24 balle het dit Die Anker in staat gestel om 195/4 te kry na hul 20 boulbeurte.

Jaden Lee Wolhuter.

Marno Lourens het vier paaltjies laat kantel vir 23 lopies in sy vier boulbeurte en hy was ook as die man van die wedstryd aangewys.

Die Anker het dus die wedstryd met 63 lopies gewen.

Lees: Krieketspeler maak sy skool trots

Dieselfde krieketspan het ook onlangs teen hul buurskool, Hoërskool Hugenote, kragte gemeet.

Die wedstryd was opwindend en kon tot op die einde na enige kant toe gaan.

Hugenote het eerste gekolf en ’n totaal van 155 lopies aangeteken.

Die Anker het hulle beurt goed begin met hul aanvangskolwer Jaden Lee Wolhuter wat 82 lopies, nie uit nie, aangeteken het.

Die Anker het Hugenote se telling in die 41ste beurt verbygesteek met sewe paaltjies plat om die wedstryd met drie paaltjies te wen.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button