Editor's noteNewsSchools

Die Anker se sewesspanne beïndruk

Hoërskool Die Anker se sewesspanne wys hul staal.

Tydens ’n tweede Valke sewes rugbytoernooi, wat onlangs in Vanderbijlpark plaasgevind het, het dit goed gegaan met die spanne van Hoërskool Die Anker.

Die Anker se junior span het deurgedring na die finaal terwyl die senior span ’n algehele vierde plek losgespeel het.

Die Anker se juniors moes vir die tweede agtereenvolgende week teen EG Jansen in die half-finaal speel en die keer het hulle die bordjies verhang toe Die Anker met 33-7 gewen het.

Die juniors het daarna in die finaal teen Transvalia verloor.

Lees: Die Anker se krieketspelers vaar goed

Die Anker het egter gekwalifiseer om aan die Noordvaal sewes toernooi deel te neem.

Die uitslae van die toernooi was soos volg:

Juniors

Anker 59 – Hans Moore 0, Anker 34 – Vereniging Gimnasium 0, Anker 40 – Sasolburg 7, Anker 33 – EG Jansen 7, Anker 12 – Transvalia 22. (finaal)

Seniors

Anker 7 – Heidelberg Volkies 24, Anker 45 – Sasolburg 7, Anker 31 – Birchleigh 19, Anker 19 – Kemptonpark 26, Anker 12 – Heidelberg Volkies 19 (derde en vierde plek).

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button