CrimeNews

Vier inbrekers loop hul rieme styf, een gewond

‘n Jaagtog het ontaard en op die R23 (Heidelbergpad) het die vlugtende rowers teen ‘n bakkie gebots.

Vier inbrekers het vanmiddag hul rieme lelik styfgeloop toe hulle by ‘n huis in Minnebron ingebreek het.

Volgens inligting kon ‘n vrou wat in die huis was (ouderdom onbekend) daarin slaag om haarself in ‘n kamer toe te sluit, waarna sy om hulp op die Brakpan Radio Groep gevra het.

Lede van die Brakpan SAPD, wat ook van die voorval te wete gekom het, het na die huis gehaas.

Een van die vier verdagtes wat op die toneel gearresteer is.

Die verdagtes het in ‘n blou Camry van die toneel weggejaag en is in Lowerweg deur lede van die Brakpan taakspan gewaar.

‘n Jaagtog het ontaard en op die R23 (Heidelbergpad) het die vlugtende rowers teen ‘n bakkie gebots.

Die bevelvoerder van die Brakpan Polisiestasie, brig Friedl Jonck (links) was ook op die toneel.

Die bestuurder van die Camry het daarna beheer oor die voertuig verloor en dit tot stilstand gebring.

Volgens inligting het die vier insittendes uit hul voertuig gespring en probeer weghardloop.

‘n Skietery het ontstaan en een van die vlugtende mans is in die been gewond.

Dié man is saam met die ander drie aangekeer en gearresteer.

Die beseerde is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Meer foto’s:

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button