Leandi Oelofse, ’n graad ses leerder aan die Sonneveld Akademie, het onlangs haar skool in die Ekurhuleni-streek verteenwoordig by die SANESA Equestrian Gauteng finale kompetisie in Pretoria.
Sy het die Ekurhuleni A-span verteenwoordig in twee klasse vir dressuur, asook die A-span in die werkende ruiter-afdeling.
Leandi het haar provinsiale kleure verwerf en dring ook deur om Gauteng te gaan verteenwoordig by die SA nasionale kompetisie wat gehou sal word van 23-27 September.
Lees: In die kollig: Leer vir Leandi Oelofse ken
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms: