Local newsNews

AfriForum lede van Brakpan ondersteun optrede

Verskeie dwelms is gekonfiskeer, asook ’n onwettige vuurwapen en ’n banksakkie met goud in.

AfriForum se buurtwagte in Brakpan, Kempton Park, Alberton, Boksburg, Edenvale, Germiston en Springs het onlangs in samewerking met die SAPD, GPF’s en verskeie sekuriteitsmaatskappye aan die polisie se Operasie Masakhane in die Kempton Park-gebied deelgeneem.

Ongeveer 55 AfriForum-lede het aan die operasie deelgeneem wat onder meer twee padblokkades en ’n dwelmklopjag, onder leiding van die SAPD se misdaadvoorkomingseenheid, ingesluit het. Tydens die operasie is twee dwelmverwante arrestasies gemaak.

Lees: AfriForum buurtwagte weer op hul pos

Tydens die padblokkades is 203 persone en 180 voertuie deursoek, terwyl nagenoeg 2 100 pamflette oor dwelm bewusmaking en 700 pamflette oor huishoudelike geweld saam met waterbottels en fluitjies uitgedeel is.

“Die patrollie was ’n reusesukses en AfriForum se Kempton Park-buurtwag moedig die gemeenskap aan om by hul plaaslike veiligheidsnetwerke betrokke te raak,” sê Dirk Venter, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-buurtwag.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button