Local newsNews

Weldoener verdryf die honger en koue by hospitaal

Ronél het 'n warm koppie sop en brood vir die besoekers by die hospitaal aangebied.

Besoekers en pasiënte aan die Verre Oos-Rand hospitaal was Dinsdagoggend verbaas oor die goedhartigheid van ‘’n inwoner van die dorp, wat gratis sop en broodjies uitgedeel het.

Ronél Olivier (50) vertel dat sy die hospitaal gereeld besoek om te help sodat haar bejaarde ouers, Dirk (72) en Petro (71) du Plessis hul  medikasie kan kry.

“Die winter is hier en omdat ek weet hoe bitter koud die hospitaal in die vroeë oggend ure is, het ek besluit om vir die mense, wat so moet sit en wag van vroeg in die oggend af, ‘n warm koppie sop en brood aan te bied,” het Ronél vertel.

Volgens haar is sommige van die mense reeds vanaf 5vm in die oggend daar.

“Ek het Dinsdagoggend vir die eerste keer sop en brood uitgedeel en die mense het dit werklik waar baie waardeer.

Lees: Weldoeners snel paniekbevange ouma te hulp toe baba ophou asem haal

“Baie van hulle verlaat hul blyplekke bitter vroeg om ’n sitplek te kry en ek glo baie van hulle eet niks voordat hulle hul blyplekke verlaat nie.

“Sommige van hulle het sommer teruggekom vir ’n tweede porsie en dit was vir my eintlik hartseer om te sien hoe die mense dit geniet het.

Een van die pasiënte wat Ronél Olivier se goedhartigheid ervaar het.

“Party van hulle was bietjie skrikkerig want hulle het gedink hulle moes betaal en daar was een persoon wat so dankbaar was dat hy sommer vir my gebid het.

“Ek doen elke jaar iets vir Mandela Dag (18 Julie) en dit is vir my nogal belangrik om terug te gee aan die gemeenskap.

“ My plan is om vir die maand van Julie elke Dinsdag en Donderdag vroeg by die hospitaal te wees om ‘n paar siek mense se harte warm te maak,” het Ronél gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button