Editor's noteNewsSchools

Die Anker se rugbyspanne stel nie teleur

Tjaart Scheepers is aangewys as die speler van die wedstryd.

Hoërskool Die Anker se rugbyspanne het Saterdag teen Hoërskool Hans Moore in Benoni uitgedraf as deel van die Valke Afdeling Twee-liga.

Die Anker het goeie hardlooprugby gespeel en die telbord het getuig van hul dominerende spel.

Die o-14A-span het met 40-0 gewen, die o-15A-span het met 41-0 koning gekraai en die o-16 span het Hans Moore met 45-12 geklop.

Lees: Anker leerder blink uit in droë hengel kampioenskap

Die eerstespanwedstryd was uitstekend, aangesien die telling deurentyd wipplank gery het.

Aan goeie rugby en spanning was daar nie ’n tekort nie en na ’n taai stryd het Die Anker die wedstryd met 24-21 gewen.

Al nege rugbyspanne van Die Anker het gekwalifiseer vir die halfeindstryde wat die komende Saterdag by Hans Moore gespeel word.

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button