LettersOpinion

Vele hande maak ligte werk

Die dorp sal binne 'n japtrap beter wees as almal maar net wil saam staan.

Met verwysing na die berig in die Herald van 31 Mei (Inwoners maak self skoon).

Dankie tog dat daar nog mense is wat uiteindelik besluit het om eerder self skoon te maak as om net die hele dag te sit en kla.

Ek probeer al vir jare my bure en vriende oorreed dat dit die pad is wat ons moet stap.

Ek en my vrou doen self ons huis- en tuinwerk en ons sorg dat ons sypaadjie en die veld oorkant ons huis aan die kant bly.

Wanneer daar papiere en gemors rondlê wag ons nie vir iemand anders om dit op te tel nie, ons doen dit self.

Gelukkig het baie van die mense in ons straat dieselfde houding en is daar mooi samewerking om ons omgewing netjies te hou.

Dit vat absoluut niks van ’n mens om te buk en ’n papier op te tel nie. As almal in hierdie dorp maar net wil saamstaan soos die groep mense verlede Saterdag gedoen het, gaan die dorp binne ’n japtrap baie beter daarna uitsien.

Welgedaan aan almal wat inspring en self doen eerder as om hul misnoeë op sosiale media te kenne te gee.

Volg ons: 

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button