Local newsNews

Winter-projek skop af, só kan jy help

In ’n poging om die nood so bietjie te verlig sal die Herald vanjaar vir die 13de agtereenvolgende jaar ’n winter-projek aanpak.

 

Alhoewel die dae nog lekker warm is, is die winter sterk op pad en kort voor lank sal almal bitter koue nagte en selfs dae in die gesig staar.

Die projek word vanjaar weer deur VC Spar in Dalview ondersteun, wat ook sal dien as ’n kollektepunt vir goedere wat deur die publiek geskenk word.

Die Herald het 13 jaar gelede begin om telkens voor die winter nuwe of skoon gebruikte komberse, wolmussies, serpe, handskoene en nuwe sokkies in te samel.

Dié goedere word aan welsynorganisasies van die dorp geskenk, wat dit dan onder volwassenes en kinders wat dit regtig nodig het, versprei.

“Dit is vir ons vanjaar weer ’n lekker uitdaging om by hierdie projek betrokke te wees,” het Heinrich Buitendach, bestuurder van VC Spar, gesê.

Lees: Laaste kans om te help

“Ons besef maar alte goed dat daar mense is wat baie swaar kry en dit is vir ons belangrik om te poog om ’n verskil te maak waar ons kan.

“Dit is ’n voorreg om elke aand in ’n warm bed te klim, veral in die winter, maar dit is iets wat nie almal beskore is nie.

“In meeste huishoudings is daar tog ’n kombers of duvet wat nie meer gebruik word nie. Daardie einste item kan gedurende die winter ’n groot verskil in die lewe van ’n behoeftige persoon maak,” het Buitendach bygevoeg.

Dit is ’n feit dat daar talle mense is wat gedurende die winter buite slaap, met min of geen komberse of warm klere om hul teen die snerpende koue te beskerm nie.

Mona Loubser, maatskaplike hulpwerker by Tutela Gesinsorg, het ’n somber prentjie oor die komende winter en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, geskets.

“Daar is mense in hierdie dorp van ons wat baie swaar kry.

Lees: VLU lede skenk komberse aan die Frank Mynhardt Sorgsentrum

“Dit word baie gou duidelik wanneer ’n mens vroeg oggend deur die dorp ry en sien hoeveel mense op sypaadjies, in parke en onder bome slaap,” het sy gesê.

“Op hierdie stadium is dit seker nog uithoubaar, maar in die winter word dit amper ’n stryd om oorlewing om snags buite te slaap.

“Ons vind dat daar ook baie kinders en bejaardes is wat onder omstandighede wat deur ’n moeilike ekonomiese klimaat geskep word, gebuk gaan,” het Loubser gesê.

’n Kollekte punt is reeds by VC Spar beskikbaar gemaak en die publiek kan ook goedere na die Herald se kantoor te Van der Waltstraat 61 bring.

Ons versoek vriendelik dat gebruikte komberse in ’n skoon en goeie toestand sal wees.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button