Hesta Marssyn (links) en Emmie Jordaan was mooi getooi vir dié spesiale dag en kon nie wag om hul geskenkpakkies te ontvang nie.
Die inwoners van die Frank Mynhardt Sorgsentrum het op Valentynsdag ’n lekker bederf van personeel van die eiendomsagentskap RE/MAX in Dalview ontvang.
Martie de Beer was baie ingenome met die geskenkpak wat sy ontvang het. JP du Plessis het dit aan haar oorhandig.
Personeel van RE/MAX het saam met die bejaardes van Frank Mynhardt Sorgsentrum ’n dag van liefde gevier en aan elke inwoner ‘n geskenkpak oorhandig. Hulle is (agter, van links) Conrad Coetzer (makelaar eienaar), Jordan Rudd en Peter Kilroé-Daley. Middel: Albie le Roux en Brenda Lessing (admin). Voor: JP du Plessis, Cindy Pistorius, Priya Moodley en Marie du Toit.
Marie du Plessis van RE/MAX (regs) het die inwoners se hande pamperlang.
Lees ook: Loadshedding and Valentine’s Day generated over 1 million SA Google searches
Volg ons:
Instagram
Twitter
Facebook
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser , Boksburg Advertiser , Benoni City Times , African Reporter