Editor's choiceLocal newsNews

Jacques Vivier is in die kollig

Leer die mense in jou dorp ken.

Jacques Vivier (29) het die Brakpan SAPD verlede week na bykans 10 jaar vaarwel geroep. Die voormalige konstabel van die SAPD, wat ook ‘n lid van die taakspan was, is met Marize getroud en die egpaar woon in Dalview.

Lees: Vyf motorfietse in plakkerskamp gevind

Hoe lank was jy ’n lid van die SAPD?

Om presies te wees, nege jaar en agt maande.

Was jy altyd op Brakpan gestasioneer?

Ja, dit is waar ek begin het en waar ek klaar gemaak het.

Wat gaan jy die meeste mis?

Ons was soos ‘n familie. Ek gaan my kollegas mis, maar ek dink ek gaan al die aksie die meeste mis.

Wat was vir jou ’n hoogtepunt in jou tyd as polisieman?

Daar is ’n paar, maar ek sal sê dit was toe ons groep die toekenning ontvang het vir die beste taakspan in Gauteng.

Wat was vir jou ’n laagtepunt?

Ek het my alles gegee vir die polisie en nie veel terug ontvang nie.

Wat maak van ’n mens ’n goeie polisieman/vrou?

Jy word gebore met dit, dit is ’n passie. As jy ’n passie het vir iets dan val die res in plek.

Wat sal jou boodskap wees aan jou kollegas waarmee jy saamgewerk het?

Sterkte vorentoe en vertrou op God in alles wat julle aanpak.

As jy vir een dag die minister van polisie kan wees, wat sou jy doen?

Die polisiebeamptes op meriete vergoed vir harde werk.

Wat gaan jy nou doen en gaan jy die dorp verlaat?

Ek gaan nou vir ’n privaat ondersoek maatskappy werk, ek gaan steeds in Brakpan woon.

Waar sien jy jouself oor 10 jaar?

Dit is juis hoekom ek die besluit nou moes neem, ek sien myself as die eienaar van my eie besigheid.

Wat vind jy uniek omtrent Brakpan?

Dit gaan beslis oor die mense. Ons het hartsmense in ons midde!

Wat doen jy om te ontspan?

Ek speel graag gholf.

Wat is jou gunsteling sportsoort en -span?

Gholf, ek kyk op na Tiger Woods, hy het baie foute begaan, maar hy het daar uit geleer en opgestaan!

Kan jy kook en wat sal jy vir gaste kan voorsit?

Ek kook net die ketel! Ek los dit vir my vrou, maar ek moet sê dat ek graag braai.

Vier jy Valentynsdag?

Nee, elke dag is Valentynsdag in my huis.

Beskryf jouself in vyf woorde.

Hardwerkend, eerlik, betroubaar, gelowig, passievol.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button