Atlete van Hoërskool Die Anker het Saterdag aan die Puma School of Speed atletiekbyeenkoms wat by die Ruimsig Stadion gehou is, deelgeneem.
Die byeenkoms is elke jaar ’n hoogtepunt op die atletiekkalender, aangesien atlete die geleentheid kry om top Suid-Afrikaanse sportpersoonlikhede te ontmoet en ook ’n kans te staan om ’n atletiekkontrak met Puma los te slaan.
Lees ook: Die Anker maak skoonskip by hengelkompetisie
Kaye Smit het ’n uitstekende 400m gehardloop vir seuns o-19 met ’n tyd van 51.52.
Sarah Kiet het tot op die einde geveg om haar wedloop in die 800m vir meisies o-19 te wen en het ’n tyd van 2:20.00 aangeteken. Dit het aan haar ’n derde plek besorg.
Die Anker se volgende groot byeenkomste is die jaarlikse Intertegnies- en Interhoër byeenkomste wat op 9 Februarie en 11 Februarie onderskeidelik sal plaasvind.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter