Local newsNews

Wind ruk motorhuis dak gedeeltelik af

‘n Venster is ook gebreek maar niemand is beseer nie.

Die sterk wind wat Donderdagmiddag laat met ‘n gepaardgaande storm deur sekere gedeeltes van die dorp gewaai  het, het die dak van ‘n motorhuis in Duncanstraat, Brenthurst gedeeltelik afgeruk.

Maureen Harmse (59) van Duncanstraat het aan die Herald gesê dat haar motorhuis nuwe dakkappe en –plate het en dat dit stewig vasgemaak is.

Die sinkplate is soos papier opgerol.

“Dit moes ‘n geweldige wind gewees het want die sinkplate is soos papier opgerol,” het sy gesê.

“Ons was nie een bewus daarvan dat die dak gedeeltelik afgewaai is,” totdat ‘n buurman ons verwittig het,” het sy gesê.

‘n Venster is ook gebreek maar niemand is beseer nie.

Lees ook: KYK: Motors, huise beskadig toe reuse boom val

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button