Editor's noteLocal newsNews

Motoris wat bejaarde omry versuim om stil te hou

“Watter tipe persoon ry ’n bejaarde om en sit dan doodluiters voet in die hoek om weg te kom?”

’n 78-Jarige inwoner van die dorp, wat op 21 Desember by die Mall@Carnival deur ’n motoris omgery is, sukkel sedert die voorval om te loop en verduur steeds pyn.

Lorraine Stoltz het op dié dag, net na 3nm haar motor ’n entjie vanaf die ingang by Wimpy geparkeer en was besig om na die ingang te stap toe ’n wit motor haar raakgery het.

Sy het geval en die bestuurder van die motor het vinnig weggery.

Sy kon nie daarin slaag om enige besonderhede van die voertuig op te merk nie.

Volgens haar seun, Johann, ’n Parkinson’s leier wat vir sy ma in haar voertuig gewag het, het hy bekommerd geraak toe sy ma lank weggebly het.

Lees ook: Gesteelde motorfiets onder sinkplate in veld gevind

Twee mans het die bejaarde vrou intussen te hulp gesnel.

“Die sekuriteitspersoneel van die Mall@Carnival was ook behulpsaam en het my ma in hul voertuig na haar motor terug geneem,” het Stoltz gesê.

“My ma het mediese behandeling ontvang en alhoewel sy geen beenbreuke opgedoen het nie, verduur sy steeds pyn en ongemak,” het Stoltz gesê.

“ Ons wil baie graag hoor van enige ooggetuies wat die voorval sien plaasvind het.”

Stoltz kan by 076 379 1660 gekontak word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button