Editor's choiceLocal newsNews

Hierdie stokperdjie vang die oog

’n Inwoner van Minnebron, Nicky van Niekerk (46), beoefen ’n interessante stokperdjie waarmee sy behoorlik haar drome kan uitleef.

Nicky het sowat vyf jaar gelede begin om droomvangers te ontwerp en sedertdien het sy geëksperimenteer om pragstukke van alle groottes, vorms en kleure te skep.

Sy is veral trots op ’n piepklein droomvanger wat net 2cm in deursneë is, maar dan is daar ook ’n massiewe groot een wat sowat 2.4m in deursneë is.

Die kleinste droomvanger wat sy gemaak het is veel kleiner as ’n 50 sent stuk.

Sy het dié stokperdjie begin toe ’n droomvanger haar aandag by ’n vriendin se huis getrek het.

“Die oomblik toe ek die droomvanger gesien het, het ek op die internet gaan navorsing doen oor hoe om dit te ontwerp.

“Ek het probeer en dit was regtig groot pret. Dit is vir my soos terapie,” vertel Nicky.

Lees ook: Leon stap nie sommer verby ’n karretjie nie

Om droomvangers te ontwerp en maak is egter nie net ’n vyf minute taak nie.

Dit neem Nicky ongeveer ’n dag om een te ontwerp indien sy ’n idee het wat sy wil doen, anders neem dit baie meer tyd in beslag.

Kunstige Nicky het al van haar skeppings by ’n mark uitgestal, waar dit soos soetkoek verkoop het.

Persone wat met haar in verbinding wil tree kan haar by 071 870 8815 kontak.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button