Editor's noteLocal newsNews

AfriForum lede ingelig oor ongelukstoneel bestuur

Insp Eruka MacKenzie en Insp Christo Botha, beide hoogsgekwalifiseerde ongelukstoneelspesialiste, het die opleiding gedurende hulle eie persoonlike tyd gefasiliteer.

AfriForum Brakpan-tak se Gemeenskapsveiligheideenheid (GVE) het Saterdag, in samewerking met EMPD, ’n ongelukstoneelbestuur opleidingsgeleentheid aangebied.

’n Nagebootste ongelukstoneel rondom die Dalview verkeersirkel het vir praktiese ondervinding gesorg.

“Die hoeksteen van gesonde samewerking berus in gesonde vennootskap. Staatsorgane soos SAPD en EMPD beskik oor sekere magte, terwyl die burgery weer oor sekere vryhede beskik,” het Gerhard Cilliers, takvoorsitter, tydens sy verwelkoming in die Laerskool Dalview skoolsaal, gesê.

“Die geheim van ’n veiliger en meer beskaafde samelewing wentel om die vennootskap tussen alle partye, dié wat daarin dien en die wat daarin leef,” het Cilliers bygevoeg.

Lees ook: Afriforum lede fokus op noodhulp

Heelwat van AfriForum Brakpan-tak se GVE lede, lede uit GPF Boksburg-Noord, SecureTech en CMS, het na afloop van die teoretiese komponent van die opleiding saam met EMPD aan ’n nagebootste ongelukstoneel rondom die Dalview verkeersirkel deelgeneem.

“Met die feesseisoen wat op hande is sal die GVE lede baie beter toegerus wees om in situasies bystand te lewer wat voorheen baie beperk sou wees,” het Cilliers gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button