Local newsNews

Moet nie die Just Wheels Kersmark misloop nie

Die hekke open om 5nm en besoekers sal tussen ‘n groot verskeidenheid stalletjies kan rondstap en lekker Kersinkopies doen.

Die Just Wheels Motorklub hou vanaand (Vrydag) ‘n Kersmark by die klubhuis, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is.

Daar sal eet- en drinkgoed te koop wees. Moeite is deur die klublede gedoen om ‘n Kersatmosfeer te skep en die aand beloof om ‘n heerlike uitstappie vir die hele gesin te wees.

Van die Kersliggies wat by die klubhuis aangebring is.

Volgende Vrydagaand (7 Desember) word ‘n Kersliedere by kerslig (Carols by candlelight) saam met ds Riaan van Staden om 6nm by die klubhuis aangebied.

Lees ook: What is happening in Brakpan this month

Die publiek word genooi om ‘n rustige aand te gaan geniet.

Daar sal geen stalletjies wees nie en besoekers word versoek om piekniekmandjies en komberse saam te neem.

Vir meer besonderhede kan Hannetjie van der Mescht by 082 263 7567 geskakel word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button