Besigheidsman oorlede
’n Bekende besigheidsman van die dorp is verlede Woensdag op die ouderdom van 83 jaar oorlede.
Koos Earle was vir 25 jaar die eienaar van Earle’s Electric, ’n besigheid wat hy vanaf ’n perseel in Voortrekkerweg bedryf het.
Hy het deur die jare diep spore in die dorp getrap en ’n groot vriendekring opgebou.
Earle is in Danskraal in die Vrystaat gebore, waar hy ook groot geword het.
Lees ook: Welbekende inwoner van Brakpan oorlede toe hy van balkon af val
Brakpan het egter 49 jaar gelede sy tuiste geword, waar hy en sy vrou, Pattie (79), in Anzac gewoon het.
Hy het op 55-jarige ouderdom afgetree en het dit geniet om tuin te maak. Hy was veral trots op sy groentetuin.
Benewens sy vrou laat hy ook drie dogters, vier kleinkinders en vier agterkleinkinders na.
Die begrafnis vind Maandag om 11vm vanuit die Nuwe Apostoliese Kerk te Wendenlaan plaas.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter