Editor's choiceLettersOpinion

Park bied meer probleme as pret

Die park wat eintlik mooi moet wees, word nie reg aangewend en na omgesien nie.

Alissa Bruwer skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Herald van 28 September (Park should be fenced).

Ek stem 100 persent saam met die skrywer van die brief.

Die speelplek grens aan ’n baie besige pad en dit is net ’n kwessie van tyd voordat ’n kind gaan seerkry.

Ek ry gereeld verby die park en sien baie keer jong kinders sonder enige volwasse toesig daar speel.

Maar die eintlike rede vir my brief is nie slegs dít nie.

Ek persoonlik sal nooit toelaat dat my kinders daar speel nie. Die park is ongelukkig ook ’n lê plek vir hawelose mense of leeglêers. Ek het nou die dag gesien hoe ’n man en vrou daar sit en bier drink. Ek glo dat daar ook glasstukke en ander vieslike rommel rondlê.

Dis eintlik hartseer dat die Ekurhuleni metro soveel geld spandeer het en dat die plek misbruik word.

My ander probleem is dat die park aan die munisipale swembad grens.

Die buitemuur van die swembad is darem regtig ’n seeroog en sal soveel beter daarna uitsien met ’n laag verf.

Die park se gras word ook nie gereeld gesny nie en met die somer wat nou hier is gaan dit net erger begin lyk.

Dit klink seker of ek net wil kla, maar iets wat eintlik mooi moet wees en ’n aanwins vir die drop word net nie reg aangewend en na omgesien nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button