EntertainmentLifestyle

Stof solank jou dansskoene af

Van Suid-Afrika se beste, jong talent is reg vir ’n groot aand van musiek in die Big Top Arena.

As jy daarvan jou om jou voete te wikkel, heupe te swaai en om ’n lekker Afrikaanse vertoning te geniet, moet jy seker maak om op 20 Oktober by Carnival City wees.

Jonk in Afrikaans is ’n regte opskop waar jonk en oud skoene kan uitskop en die hele aand deur dans.

Visuele effekte en skouspelagtige beligting gaan sorg vir ’n smaakvolle en onvergeetlike konsert.

Lees ook: Wen kaartjies om Bok van Blerk by Rosetulee te sien

“Ons het navorsing gedoen en besef dat die agt kunstenaars wat deel vorm van die Jonk in Afrikaans-konsert baie gewild in die Afrikaanse mark is en ’n groot gevolg op sosiale media het,” het een van die organiseerders gesê.

Elvis se seun, Franja du Plessis, Chané Valentine, Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Tussen Sterre, Irene-Louise van Wyk en Heidi gaan sing, dans en tot laatnag toe baljaar.

“Ons is baie opgewonde om hierdie nuwe konsep vir die eerste keer na Carnival City se Big Top Arena toe te bring,” het Michelle Smith, die bemarkingsbestuurder van Carnival City gesê.

“Hierdie is definitief nie ’n alledaagse gebeurtenis nie, so ons moedig almal aan om so gou as moontlik hul kaartjies te bespreek,” het Smith bygevoeg.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button