Local newsNews

Steun AfriForum se teenboelieveldtog

Die burgerregte-organisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het onlangs die Laerskool Môrewag besoek.

Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“AfriForum wil met sy teenboeliepraatjies met leerders, onderwysers en ouers saamwerk om afknouery in skole stop te sit en betrokke partye met die kennis toe te rus om dit te kan doen,” het Leandie Bräsler, AfriForum se koördineerder vir leierskapontwikkeling, gesê.

“Môrewag is ’n uitstekende skool waar elke leerder hulself kan uitleef en tot hul volle potensiaal kan ontwikkel binne ’n veilige omgewing en onder die wakende oog van opvoeders wat opreg omgee vir elke leerder,” het die hoof van die skool, Elna Venter gesê.

Lees ook: Afriforum se buurtwagte bring hul kant

“Respek en die regte van leerders is vir my as skoolhoof en vir die ander opvoedkundiges by hierdie skool van kardinale belang.

“Leerders behoort elke dag te lag en met trots gevul, gelukkig hul skooldag te geniet omdat daar leiding gegee word deur ’n deeglikvoorbereide opvoederskorps wat ’n veilige ruimte vir leerders en opvoeders skep.

“Ons werk dus hard om afknouery hok te slaan,” het Venter bygevoeg.

Persone wat belangstel om by die veldtog en leierskapontwikkeling betrokke te raak, kan ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za stuur.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button