Editor's choiceLettersOpinion

Afvuur van skote by begrafnis is geen nuwe ding nie

Vrae is geopper waarom die EMPD nie 'n vinger gelig het toe die skote afgegaan het in Brenthurst.

Adri van der Merwe skryf per e-pos:

Ek verwys na die berig in die Herald van 20 Julie (Begrafnisgangers vuur skote na willekeur af).

As ’n inwoner van Brenthurst kan ek met sekerheid sê dat dit nie die eerste keer is dat skote tydens ’n begrafnis afgevuur word nie.

Die skietery op die genoemde Sondag was wel erger as ander kere, maar ons hoor gereeld skote klap gedurende ’n naweek.

Dit is ook tipies van die EMPD om nie te reageer nie (op die Herald se versoek vir kommentaar). Gaan daar eers optrede geneem word wanneer iemand deur een van die koeëls getref word?

Wat my verstand te bowe gaan is dat daar verlede Sondag baie EMPD mense teenwoordig was maar dat niemand ’n vinger gelig het om die skuldiges te arresteer nie.

Ons het genoeg probleme met die plakkers in Lokasieweg, ons wil nie elke Saterdag en Sondag wonder wanneer een van ons mense deur ’n koeël getref gaan word nie.

Redakteur se nota: Die Herald het kommentaar van die woordvoerder van die EMPD, hoof supt Wilfred Kgasago, ontvang. Lees dit hier: EMPD gaan ondersoek instel na skietery by begraafplaas

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button