Local newsNews

Die skote klap in Brenthurst

“Ek het gesien hoe ‘n man ‘n handgeweer uit sy sak uithaal en skote in die lug skiet,” het die vrou gesê.

Verskeie geweerskote het vanmiddag (Sondag) deur Brenthurst weergalm toe ‘n begrafnisstoet in Prince Georglaan na die Brakpan begraafplaas beweeg het.

Die stoet, wat uit talle busse en voertuie bestaan het, het net na 2.15nm by die begraafplaas aangekom. Talle begrafnisgangers was ook te voet.

‘n Inwoner met wie die Herald het gepraat het, het gesê dat dit die begrafnis van ‘n lid van die EMPD is. Dit kon nie bevestig word nie.

‘n Ander inwoner het gesê dat sy ten minste 10 geweerskote gehoor het.

“Ek het gesien hoe ‘n man ‘n handgeweer uit sy sak uithaal en skote in die lug skiet,” het die vrou gesê.

Dit was skrikwekkend,” het sy bygevoeg.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button