Editor's noteLettersOpinion

Permanente veiligheidswagte is nodig by die begraafplaas

Veiligheidswagte word benodig by die begraafplaas volgens inwoner.

Weduwee skryf per e-pos:

Ek verwys na die brief in die Herald van 29 Junie (Begraafplaas is netjies).

Ek is dankbaar dat die skrywer van die brief die besittings wat hy verloor het wel teruggekry het. Die werkers wat dit opgetel het en dit vir hom teruggeneem het, verdien ook ’n pluimpie.

Ongelukkig kan ek nie saamstem daarmee dat die begraafplaas netjies is nie.

My man is vier jaar gelede oorlede en daar begrawe. Ek kan nooit alleen soontoe gaan nie want dit is nie veilig nie. (Maar waar is dit nog veilig?)

Ek vind dat die gras nie gereeld gesny word nie. Omdat die hekke alewig oop is kom daar mense in wat die blomme en potjies, wat ek op die graf sit, steel. Daar was nou die dag ’n hoop takke op my man se graf.

Ek dink die metro kan regtigwaar meer mense aanstel om die plek permanent netjies te hou.

Permanente veiligheidswagte sal ook ’n pluspunt wees.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button