NewsSchools

Hoërskool Die Anker se rugby spanne goed op dreef

Hoërskool Die Anker het die afgelope Saterdag (26 Mei) ’n rugby ligawedstryd teen Vereeniging Gimnasium gespeel.

Vereeniging het reeds vooraf punte vir vier van die wedstryde gestuur, aangesien die skool nie voldoen het aan die aantal spanne wat voorsien moet word nie.

Die Anker se junior spanne het vinnig met hulle opponent afgereken, maar die senior spanne het beslis meer teenstand van Gimnasium gekry.

Die uitslae was soos volg:

o-14a (VG 0 Die Anker 50), o-14b (VG het nie ’n span nie – Die Anker kry punte), o-15a (VG 10 Die Anker 46), o-15b (VG 0 Die Anker 42), o-16a (VG het nie ’n span nie – Die Anker kry punte), o-16b (VG het nie ’n span nie – Die Anker kry punte), vierde span (VG het nie ’n span nie – Die Anker kry punte), derde span (VG 15 Die Anker 8), tweede span (VG 17 Die Anker 10), eerste span (VG 5 Die Anker 20).

Met twee ligawedstryde oor, is al Die Anker spanne nog op koers om die uitspeel rondes te haal.

Lees ook: Die Anker speel hul opponente flou

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button