Editor's choiceNewsSchools

Hoërskool Die Anker se hengelaars vang 108 visse

Hengelaars van Hoërskool Die Anker neem tans aan ’n Elite-hengel liga, wat by top hengelbestemmings in die land plaasgevind het, deel.

Potchefstroom Gimnasium en Benoni High is, onder andere, van die deelnemende hoërskole.

Die derde been van die liga het onlangs by Biermans (Vaaldam) plaasgevind, waar Die Anker se hengelspan die wenners van die dag was met ’n totaal van 108 visse wat deur hulle uitgetrek is.

Uit die 38 spanne wat die dag vis gevang het, het die Die Anker se A-span in die eerste plek geëindig.

Lees ook: Visvang is kinderspeletjies vir die jonge juffie

Dié hengelaars lê tans tweede op die algehele ranglys, nadat hulle die eerste been van die liga misgeloop het.

Die volgende liga kompetisie vind op 24 Mei by Moolmans (Vaaldam) plaas.

Die Anker se A-span bestaan uit Trystin Nabal, Bielies Steyn, Raynard Pienaar en Nico Wienand.

Jean Mathee, Divan du Plooy, Jayden Wolhuter en Vian van der Merwe hengel vir die B-span en die C-span bestaan uit

Eben Smuts, Dean Droski en JP Jordaan.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button