CrimeEditor's choiceNews

Pa onderhandel met kapers om kind (4) uit die kar te kry

’n 45-Jarige man moes Sondagoggend met kapers onderhandel om sy vier-jarige seuntjie uit sy voertuig te kry voordat die booswigte met sy motor vort is.

Die man, wat ’n inwoner van Benoni is, het ongeveer 9vm sy twee jong seuns (vier en vyf jaar) by ’n huis in Sunair Park gaan oplaai.

Volgens hom was hy voor die huis geparkeer en was hy besig om die vier-jarige se veiligheidsgordel vas te maak.

“My ander kind was nog in die oprit gewees toe ’n wit Daihatsu voor my wit Volkswagen Tiguan stilgehou het,” het die man vertel.

“Die persoon wat aan die passasierskant gesit het, het met ’n vuurwapen uitgeklim en my beveel om plat te gaan lê.

Lees ook: Vroue ontdek man wat aan boom in Brakpan-Noord hang

Die man het so gemaak, waarna hy deursoek is, maar al sy persoonlike besittings, soos sy selfoon, was in sy voertuig.

“Intussen het nog ’n rower probeer om my motor aan die gang te kry, maar hy kon nie daarin slaag nie,” het die slagoffer verduidelik.

“Hulle het vir my gevra hoe om die voertuig aan die gang te kry en ek het gesê ek sou hulle wys indien ek eers my kind uit die voertuig kon haal.”

Nadat die pa sy kind uitgehaal het, het die rowers die voertuig aan die gang gekry en weggery.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button