CrimeNews

Diewe gee honde gif voordat hulle motorfiets steel

Die diewe moes die Boulevard oor voertuie gelig het om die uit ons erf te kry

Diewe het gisteraand by ‘n huis in Brakpan-sentraal toegeslaan, waar drie honde gif ingegee is en ‘n motorfiets daarna gesteel is.

Die inwoners van die huis in Hastingslaan was weg vir die langnaweek en is vanoggend vroeg ingelig van die skade.

Volgens Bets Serfontein (50) moes die diewe vanoggend in die vroeë oggendure toegeslaan het.

“Drie van ons honde het gif ingekry en ons moet nog kyk of die diere gered kan word,” het sy gesê.

Die gesin het by ‘n oord naby die Vaaldam gekamp en is deur ‘n gesinslid ingelig van die diefstal.

“Die diewe moes die Boulevard oor voertuie gelig het om die uit ons erf te kry,” het Serfontein gesê.

Die registrasienommer van die wit en rooi motorfiets is CM07RB GP.

Persone met inligting kan Serfontein se dogter, Lourinda Marcus by 0845105398 kontak.

Lees ook:

Motorfietsongeluk eis oud-inwoner

Huisrowers bind jong man vas, steel na hartelus

Moet nie slaplê met basiese veiligheidsmaatreëls nie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button