Editor's choiceNewsSchools

Hoërskool Die Anker herskryf die rekordboeke

Hoërskool Die Anker het onlangs die rekordboeke herskryf toe hulle teen alle verwagtinge die Engelse Oos-Rand Interhoër gewen het.

Die Anker se seunsatlete is ook as die wenners in hul afdeling aangewys.

Hierdie byeenkoms, waaraan agt skole deelneem, is die afgelope ses jaar deur Benoni High gewen, maar die jaar moes hulle met die tweede plek tevrede wees.

In 2017 het Benoni High Die Anker met 100 punte getroef, maar die bordjies is vanjaar verhang en Die Anker het met byna 200 punte gewen.

Lees ook: Anker atlete maak punte bymekaar

Clarissa Fuhri is as die Junior Victrix Ludorum en Wynand Feyt, die Junior Victor Ludorum, aangewys.

Hierdie toekennings word op grond van die hoogste Absa punte in twee items gemaak.

Wynand Fuhri en Clarissa Feyt.

Die finale puntestand was soos volg:

Die Anker (1 048), Benoni High (932.5), Brandwag (847.5), Hans Moore (723.5), Boksburg High (389.5).

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button