Editor's noteEntertainmentLifestyle

Wen kaartjies om die InniDORP Fees by te woon

Die InniDORP musiekfees, waartydens talle bekende kunstenaars gaan optree, vind op 3 Maart by Carnival City plaas.

Kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Juan Boucher,  Dewald Wasserfall, Heidi, Elvis se Seun, ADAM, Geraldine Scholtz, Eva Morgan, Jp White, Mac Young, Luzaan en Leroi sal deur die loop van die dag op die verhoog te sien wees.

Die fees word op die Festival Lawns van Carnival City gehou en die organiseerders het die versekering gegee dat dit ‘n dag beplan word, wat deur oud en jonk geniet kan word.

Behalwe vir musiek uit die boonste rakke word daar talle ander aktiwiteite en vermaak beplan.

“Ons beplan die volmaakte makietie vir die hele gesin met kindervermaak, stalletjies, uitstallings en vele meer,” het die organiseerders laat hoor.

Die hekke sal om 9vm open en die fees sal tot middernag duur.

Lees ook: Bobby en Karlien deel hul lewe

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Die Herald gee twee dubbelkaartjies weg en so moet jy maak om ‘n kans te staan om te wen.

Stuur ‘n epos na brakpanherald@caxton.co.za en sê kortliks waarom jy graag die kaartjies wil wen.

  • Slegs een e-pos per persoon sal aanvaar word.
  • Meld die woord InniDORP in die onderwerpboks.
  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is volgende Woensdag (28 Februarie).
  • Die wenners sal telefonies in kennis gestel word en die kaartjies sal by die Herald se kantoor beskikbaar wees.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button