NewsSchools

Oud-Dalwers is leiers van formaat

‘n Baie spesiale groep hoërskool leerders is onlangs met groot trots by die Laerskool Dalview onthaal.

Nie minder as 14 oud-Dalwers is vir 2018 aangewys as hoof- en onderhoof leiers by verskeie hoërskole aan die Oos-Rand.

Dié leiers en hulle ouers, het onlangs ‘n oggend funksie by die Laerskool Dalview, saam met die hoof, Chris Pretorius en bestuur van die skool, geniet.

Lees ook: Blinknuwe leiers by Laerskool Dalview

Pretorius het die groep geprys en aangemoedig om die jaar voluit te beleef en te geniet.

“Ons is baie trots op ons oud-Dalwers en glo die grondslag is by Laerskool Dalview gelê,” het Pretorius bygevoeg.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Back to top button