CompetitionsEditor's choiceLifestyle

Opskud, tyd raak min vir fotokompetisie

Die sluitingsdatum vir die Herald se Valentynsdag fotokompetisie is môre (Dinsdag) om 9vm.

Valentynsdag is om die draai en die Herald het ‘n lekker prys, om hierdie dag van liefde, vir iemand ekstra spesiaal te maak.

Dit is ook baie maklik om vir die prys in aanmerking te kom.

Ons soek bloot na ‘n oulike foto van ‘n egpaar of paartjie.

Dit maak nie saak of jy al lank jaar getroud is, verloof is of net in ‘n verhouding is nie.

Stuur net vir ons ‘n foto van jou en die besondere persoon in jou lewe en staan ‘n kans om ons fotokompetisie te wen.

Die paartjie, wie se foto ons die meeste beïndruk, gaan net so beïndruk wees met die prys wat ons weggee.

Die wenners sal  op Valentynsdag ‘n heerlike vyf gang maaltyd by die  Lake Restaurant kan gaan nuttig.

By die Ces’t la Vie Day Spa in Dalpark sal die wenpaar bederf word met ‘n pakket wat sjampanje, koek, ‘n geskenk asook ‘n massering  insluit.

Bella’s Biltong in Dalview sorg vir ‘n verdere bederf met ‘n geskenkpak.

Lees ook: Happenings

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou foto aanstuur.

  • Slegs foto’s wat ten minste 1MB is sal in ag geneem word.
  • Die name, vanne en ouderdomme van beide die mense op die foto moet aangedui word asook ‘n adres en kontak telefoonnommer.
  • Slegs inwoners van die dorp kan inskryf.
  • Foto’s moet nie ouer as ses maande wees nie.
  • Die wenners moet bereid wees dat foto’s van hulle gepubliseer word.

Stuur die foto’s na brakpanherald@caxton.co.za

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button