Editor's noteLettersOpinion

Vele hande maak ligte werk

Ek het gelukkig bure wat ook so voel en jy sal nie sommer papiere of rommel in ons straat sien nie.

Andrea van der Walt, Dalview skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Herald van 12 Januarie (Mense moet ophou kla en self skoonmaak).

Ek is so bietjie in twee oor die brief maar meer positief as negatief.

My ondervinding, by vele geleenthede, is dat die Ekurhuleni Metro laks is wanneer dit kom by klagtes en versoeke van die inwoners van die dorp.

Waarmee ek wel een honderd persent saam stem is die skrywer se positiewe houding oor die feit dat inwoners self moet inspring en hul kant bring.

Ek het gelukkig bure wat ook so voel en jy sal nie sommer papiere of rommel in ons straat sien nie.

Almal sorg dat hul sypaadjies netjies is en niemand se rug het al seer geword om te buk en ‘n papier op te tel nie.

As elke inwoner in die dorp maar net sy of haar kant bring sal dit groot verandering tot gevolg hê.

Lees ook:

Volgehoue skoonmaakwerk moet in plek gebring word

Een ou se rommel is hierdie vrou se skatte

Dankie aan Brakpan Radio Groep vir skoonmaak-projek

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button