Editor's choiceLocal newsNews

Inwoners verfraai self hul woonbuurt

Inwoners van Dalpark 1 het onlangs weer gestaaf dat die gesegde, ‘vele hande maak ligte werk’, inderdaad die waarheid is.

 

’n Seeroog op die hoek van Roer- en Tillerstrate is, danksy die samewerking van verskeie inwoners, omskep in ’n netjiese area wat met klippe en plante versier is.

Bart Zaayman, voorsitter van die Dalpark 1 Huiseienaars Assosiasie, het verduidelik dat ’n groot onooglike en oorgroeide blombak op dié hoek probleme geskep het.

“Dit is basies as asblik gebruik en dit het regtig nie goed gelyk nie. Met die samewerking van die parke afdeling is die blombak verwyder en kon ons aan die werk spring om die area te verfraai,” het Zaayman gesê.

Fondse is ingesamel deur die verkoop van pannekoeke, en met die hulp van dagarbeiders is klippe aangery na die plek.

Die eindresultaat is ’n netjiese area met mooi klippe en aalwyne.

Zaayman het gesê dat dit ’n spanpoging was, wat goed ondersteun is deur inwoners van Dalpark 1.

Hy het tong in die kies bygevoeg dat die hoek voortaan sekerlik Pannekoek-hoek kan heet.

 

Lees ook: What a year of Brakpan sport: December highlights

Making an emergency stop to avoid an accident is this easy

Water Wednesday: What we learned from the water crisis in 2017

Related Articles

Back to top button