LettersOpinion

Pensioenarisse vind nie baat by Swart Vrydag

Anoniem skryf per e-pos:

Ek wil graag praat oor Swart Vrydag.

Ek en my suster was by die Mall@Carnival op swart Vrydag, nie om te koop nie, maar vir werk, en dit was rof.

Die mense het na die winkels gestroom. As jy stil gestaan het, kon jy vertrap word.

Dis verbasend wat mense sal doen vir ’n goedkoop televisie.

Ek het ’n vraag aan alle winkels. Waar is die Swart Vrydag aanbiedinge vir pensioenarisse?

My ma en pa leef op Sassa pensioene. Wanneer hulle winkels toe gaan, die eerste van die nuwe maand, dan is daar ’n paar winskopies beskikbaar, maar dan is die meeste van daai winskopies uitverkoop.

Die rakke is gou leeg. Vra jy of hulle nog voorraad het dan is dit jammer, maar niks.

Dit is elke maand se storie. My ouers kan nooit ’n trollie vol kos koop nie, die pensioene bly klein en die pryse duur.

Pensioenarisse verdien groot winskopies die meeste. Hulle kry wel dae wat hulle op afslag kan koop, maar wat help twee tot vyf persent nou eintlik?

Swart Vrydag is uitsluitlik daar vir mense met groot salarisse, dit het gelyk of hulle hulself terdeë geniet het.

My ouers sou ook graag van die groot winskopies wou kry, maar moes nog wag vir hul geld.

Is dit regverdig? Hoekom kan hulle nie Swart Vrydag op ’n dag hou wanneer pensioenarisse ook daarby kan baat vind nie? Kan hulle nie pensioenarisse beter afslag dan gee nie?

Kan winkels nie seker maak dat as hulle wel winskopies aanbied, hulle genoeg voorraad het nie?

Lees ook: 7 Tips to survive Black Friday

Spend wisely this Black Friday

Mall@Carnival celebrates 12 years

 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button