Local newsNews

Morries maak stem dik

Sy het bygevoeg dat die fondsinsameling deurlopend sal wees en ook die hoop uitgespreek dat ander skole op dié manier betrokke sal raak.

Leerders en onderwysers van die Laerskool Môrewag was Maandag almal in swart geklee ter ondersteuning van die landswye veldtog waar mense hul stemme teen plaasaanvalle en die moorde op boere dikgemaak het.

Die massa protesoptrede volg na die moord op ’n Bolandse boer, Joubert Conradie (47) verlede Dinsdag op sy plaas Uitkyk naby Klapmuts.

Die hoof van die Laerskool Môrewag, Elna Venter het gesê dat haar skool besluit het om die protesaksie te gebruik om plaaslik ’n verskil te maak.

“Ons het besluit om die dra van swart klere ten volle te ondersteun maar ons het ook ’n fondsinsamelingsveldtog, waarby mense in die gemeenskap kan baat vind, gehou,” het Venter verduidelik.

“Ons leerders is aangemoedig om ’n geldjie na die skool te bring en die fondse wat ons ingesamel het sal aan die Brakpan-tak van AfriForum oorhandig word,” het Venter verduidelik.

“Dit is ons hoop dat AfriForum hierdie fondse sal aanwend om mense in ons gemeenskap en wie deur misdaad geraak word, by te staan,” het Venter gesê.

Sy het bygevoeg dat die fondsinsameling deurlopend sal wees en ook die hoop uitgespreek dat ander skole op dié manier betrokke sal raak.

Johan Fourie, takvoorsitter van AfriForum Brakpan het die leerders van die skool toegespreek en bedank vir die vennootskap wat daar tussen die skool en die organisasie tot stand gekom het.

“Fondse wat aan ons oorhandig word sal aangewend word om by die skool se wens, naamlik dat dit in die gemeenskap gebruik word, na te kom” het Fourie gesê.

Leerders en onderwysers van die Laerskool Môrewag was Maandag in swart geklee en het die woord Stop!, asook ’n kruis, op die sportgronde gevorm.

 

Lees ook:

Afriforum Brakpan bekyk die Weltevreden stortingsterrein

In die kollig

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button