Editor's choice

Gewonder wat die onaangename reuk is wat oor Brakpan hang? Lees hier

As dit gebeur is grond net nie meer geskik vir landerye nie.

Inwoners van die dorp is die afgelope tyd daagliks begroet met ‘n sterk reuk, wat by tye redelik onaangenaam is.

Almal het gewonder waar die reuk vandaan kom en wat die oorsaak daarvan is. ‘n Brief, wat gister op sosiale media geplaas is, verduidelik presies.

Die brief lees soos volg:

Aan die Gemeenskap van Brakpan,

My opregte apologie dat die uitvoering van een van ons wettige regte in die bewaring van ons grond en die uitleef van ons boerdery aktiwiteit vir u tydelike ongemak veroorsaak.

Organiese voeding van ons grond op ekonomies bekostigbare wyse het beskikbaar gekom met die applikasie van behandelde misstowwe wat geen gesondheids gevare inhou nie.

Sterk reuklose chemiese bemesting is net nie meer ‘n ekonomiese opsie nie en dit vernietig op die lang termyn noodsaaklike mikrobes in die grond wat die grond eventueel steriel maak wanneer mikrobiese lewe daarin vernietig word. As dit gebeur is grond net nie meer geskik vir landerye nie.

Wat is die opsies?

  1. Staak Boerdery en stel die grond beskikbaar vir alternatiewe doeleindes. Daar is tans net een alternatiewe gebruik: ekonomiese behuising aan die massa huislose mense wat op sy beurt geweldige sosiale gevolge kan hê reg op die dorp se grens soos gesien kan word by die plakkerskamp langs die gholfbaan.
  2. Gaan voort met boerdery maar wend ‘n ernstige poging aan om die aanwending van die organise misstowwe in die grond te plaas eerder as bo op en ontbloot sodat daar geen reuk ervaar word nie. Ons is tans besig om hard te werk aan hierdie opsie. Dit sal verseker die beste vir almal wees.

Intussen is my bede dat u asseblief geduldig en verdraagsaam teenoor my sal wees omdat ek beslis almal se belange op die hart dra.
Vriendelike groete,

Pieta Badenhorst.

Lees ook:

Town’s pavements are an eyesore

Skaam vir die dorp

Aerial photos capture Plastic City in all its polluted glory

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button